Nuwe lid van Suid Afrika

Ek is die nuwe lid van die Melkkwota forum, my naam is Gerdie Landman (54) en al klink dit na 'n voulike naam - kan ek bewys ek is sterk en gesond manlik... met twee dogters en 'n seun uit die huwelik as bewys.Ek is meer as 30 jaar getroud met dieselfde (Mooi) vrou Lorenda, van Duiste afkoms.Nadat ek met vriende in Nederland gepraat het, het ek besluit om aan te sluit en van die meerdere kennis van my voorvaders te leer.Ek het reeds verskeie besoeke aan Nederland gebring - eerste keer in 1979 toe ons ook die NRM skou bygewoon het - die reserwe kampioen koei op daardie skou was 'n Stern dogter - een van die eerste Holsteins in daardie tyd.Sy moes eintlik gewen het, maar die stamvaders van die ou Hollandse Fries kon dit nie aan die volk doen nie... later het die wiel gedraai en die res is geskiedenis...

Ek glo die meeste van die Nederlanders sal my Afrikaans verstaan - dit spruit oorspronklik uit Hoog Hollands... my voorouers het sowat 350 jaar gelede uit Nederland vertrek om 'n nuwe toekoms in die Suide van Afrika te vind.Hulle was brawe mense om met klein seilskepe so 'n reis aan te pak... ek dink nog steeds hulle het eintlik verdwaal - en toe hulle land sien, het hulle besluit om af te klim.Nou is ons reeds goed gevestig en melk ons Holstein koeie om kos op die tafel te sit en die boedel te laat groei.Ons seun Chris is reeds die 4de generasie melkboer.Ons melk op een plaas in die Tsitsikamma saam met familie sowat 800 baster Jersey x Holstein kudde van weidings af.Dit is grond wat ons van 'n Swart Afrika stam, die Mfengu huur - kalf seisoenaal om al die voordele daarvan te benut.Op die familie plaas in Cookhouse, melk ons sowat 1 600 koei in 'n TMR stelsel.Die 700 Hektaar grond waarvan 400 besproei, is ons eiendom (saam met die bank as vennoot natuurlik) Die koeie is 50% eie koei en die ander 50% is gehuurde koeie - daarom noem ons die melkery die Mooimelk Koeihotel.

Die berig oor "Melken of gemolken worden" klink heel bekend vir my as Suid Afrikaanse melkprodusent.Die swart skaap hier by ons in die Suide, is die invoer kompetisie van gesubsidieërde suiwelprodukte - veral uit Suid Amerika.Die UHT melk se lang raklewe maak dat die produk oor lang afstande vervoer kan word - en dit oorvloed die mark met die gevolg dat die produsente se prys drasties daal met sowat 50 sente uit 310 sent melkprys = 16%... vir sommige melkboere is dit al die wins weg in een besluit van die melk verwerkers wat invoer!

Soos die skrywer van die artikel heel tereg rapporteer - Die supermarkte soek altyd 'n stok om die hond mee te slaan- dis nou die melkprodusent in hierdie geval.Die ander oorsaak van die seisoenale surplus in Suid Afrika, is die seisoenale produksie van melk in die lente maande wanneer die weidings goed groei... dit is produsent en konsultant gedrewe stelsels.Natuurlik is dit goedkoper om saam met die seisoen te melk - maar die mark soek deulopende produksie op 'n reguit lyn op die grafiek.Ons as produsente moet leer om mark gerig te produseer - anders gaan die verwerkers altyd 'n rede vind om ons prys af te bring.

Dankie tog dat die groenes nog nie so aktief is hier in donker Afrika nie - die nasie lei honger en die buurman Mugabe van Zimbabwe raak heel mal in die kop... dus is die produksie van kos uiters belangrik vir die hele Suider Afrika.Ons as produsente glo die wiel gaan draai, daar kom spoedig 'n dag dat die mark gaan smeek vir kos - en suiwel is goeie kos!Ons melkprys is 30 tot 40% te laag - soos alle produsent mik ons maar hoog - maar dit help alles niks omdat die prys nie vasgestel word nie - die vrye mark van vraag en aanbod bepaal die prys.Dus sal ons tevrede wees met 20% beter melkprys ook...

Soos altyd is ons optimisties dat die mark situasie in Mei Junie van 2009 beter sal draai vir produsente in Suid Afrika.

Groetnis uit 'n warm Afrika - vandag was dit 37 grade Celsius!

Gerdie Landman - www.koeihotel.co.za

Deel dit topic

Reacties

Grasbaal
Beste Gerdie,

Welkom op dit prikbord, ik heb uw tekst ook hier geplaatst als een nieuw onderwerp: melkveehouders.nieuwsgrazer.nl/topic/32827/…
jan.1
Welkom Gerdie,op dit prikbord en leerzaam datouwe hoog hollandse taal.Ik moet het wel een paar keerlezen om er wat van te begrijpen maar tis wel te doen. Ook bij jullie gaat het niet vanzelf maar je bent wel optimistisch voor de toekomst ,en dat is een voorwaarde om vooruit te komen.

Groeten uitkouwe holland ,vandaag was het 8 grade celsius!
Scarlett
Hallo Gerdie,

Pragtig die taaltju van gullie, ik lees met vermak, enhelaas jouw relaas is diezelfde als overal in die wereld van farmers. Ja, ik geloof wij moeten kop beimekaar steek om brood op tafel te krijg.

Nogmaals Welkom hier.
Gruoetnis uut klam Zo-Drenthe.

« Terug naar discussielijst

Deel ook jouw kennis en inzicht

Hebben de thema's melk , melken , voer , afrika , hond , holstein , nrm , tmr , bank , holsteins , lei en gerdie landman geen geheimen voor jou? Dan kunnen we jouw kennis en inzicht goed gebruiken! Of je nu actief bijdraagt door foto's, video's, topics of reacties te plaatsen, of je zorgt er middels de stemknoppen voor dat de beste reactie naar boven borrelt.. Jouw kennis en inzicht m.b.t. de melkveehouderij kunnen deze site nét dat beetje beter maken. Maak ook een (gratis) account aan!

REACTIES
3
DEELNEMERS
3
WEERGAVES
0